Die mens wik, maar God beskik.


Ons gebruik baie keer die letters DV om te sê “As God dit wil” sal ons die volgende dinge doen. Die vraag is egter hoeveel keer vra ons God werklik vir sy leiding? 

Dawid en Abner is besig om te onderhandel in ons 2 Samuel 3: 12-16. Abner weet Dawid het hom nie werklik nodig nie, maar hy wil nie sy aansien en mag verloor nie. Dawid weet hy kan maklik vir Abner uit die pad stoot, maar hy het ‘n oog op Mikal (die dogter van oorlede Saul), al behoort sy aan iemand anders. God se wil dat Dawid koning oor die hele Israel sou word sal mos steeds geskied, en die Here lei nie skade deurdat Dawid vir homself ook effe sorg nie. 

God het ‘n doel. Hy het ook en ‘n manier hoe Hy wil hê sy kinders moet handel om daar uit te kom. Petrus kap ‘n soldaat se oor af om Jesus te beskerm, maar was dit Jesus se manier van doen? Jesus leer ons “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand…en ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’”

Soms sit God iets of iemand in ons pad wat maak dat ons moet besluit ‘hoe’ verder. Dit beteken dalk net dat Hy wil hê ons moet dink oor hoe ons die pad loop. 
(gedeeltelike erkenning aan Ds JH Barkhuizen)

Seënwense, 
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...