Die mens wik, maar God beskik

 
Ons gebruik baie keer die letters DV om te sê “As God dit wil” sal ons die volgende dinge doen. Die vraag is egter hoeveel keer vra ons God werklik vir sy leiding?
 
Dawid en Abner is besig om te onderhandel in 2 Samuel 3: 12-16. Abner weet Dawid het hom nie werklik nodig nie, maar hy wil nie sy aansien en mag verloor nie. Dawid weet hy kan maklik vir Abner uit die pad stoot, maar hy het ‘n oog op Mikal (die dogter van oorlede Saul), al behoort sy aan iemand anders. God se wil dat Dawid koning oor die hele Israel sou word sal mos steeds geskied, en die Here lei nie skade deurdat Dawid vir homself ook effe sorg nie.
 
God het ‘n doel. Hy het ook ‘n manier hoe Hy wil hê sy kinders moet handel om daar uit te kom. Petrus kap ‘n soldaat se oor af om Jesus te beskerm, maar was dit Jesus se manier van doen? Jesus leer ons “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand…en ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’”
 
Soms sit God iets of iemand in ons pad wat maak dat ons moet besluit ‘hoe’ verder. Dit beteken dalk net dat Hy wil hê ons moet dink oor hoe ons die pad loop.                                                                 
                                                                                        (gedeeltelike erkenning aan Ds JH Barkhuizen)
Seënwense,
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...