Wat wag in die toekoms?


Strategiese denke en beplanning was deel van Dawid se sukses as koning. Dawid het geluister na die vermanings van profete en priesters, ook het hy God se wil die rigsnoer van sy koningskap gemaak.
 
Saul aan die anderkant het God geraadpleeg, maar geen antwoord gekry nie. Selfs nie die urim (klein voorwerpie wat die priester in ‘n sakkie gedra het om per geleentheid ‘n ja of nee van God te ontvang) kon hom ‘n antwoord gee nie. Hy gaan selfs na ‘n dode-besweerster om Samuel se gees op te roep. So probeer hy inligting verkry oor die toekoms deur hoër magte en geeste te raadpleeg. Dit was verbode vir die volk van God, maar Saul probeer dit uit desperaatheid. Die uiteinde vir Saul was die toorn en straf van God.
 
Beplanning vir en denke oor die toekoms is goed. Dit gee ons doelwitte om na te werk en te streef. Dit is egter belangrik om ons planne en besluite altyd aan die hand van God se wil te toets. Ons lewe en ons toekoms is in God se hande. Met hierdie wete en sekerheid hoef ons nooit desperate besluite te neem wat verwydering tussen ons en ons Verlosser kan bring nie.
 
Vertrou Hom en leef voluit!
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...