Rolmodelle


Dawid staan bekend as ‘n man na God se hart (1 Sam 13: 14). Daarom word hy dikwels as ‘n rolmodel voorgehou. 

Dawid was inderdaad ‘n uitstekende leier wat ‘n groep familie stamme tot ‘n koninkryk saamgebind het. Hy was ‘n unieke en uitstekende militêre strateeg en het die grense van Israel se grondgebied uitgebou tot ‘n ryk waarmee rekening gehou moes word. Hy het tradisies hoog geag, maar terselfdertyd die uitdagings van die tyd aanvaar. Hy het geluister na die vermanings van profete en priesters.

Dawid het baie foute en gebreke gehad. Hy het baie bloed laat vloei. Sy owerspel met Batseba en Urija se moord sou die doodstraf kon verdien. As vader was hy dikwels nie instaat om met sy kinders te kommunikeer en hulle te beheer nie.  Hierdie voorbeeld van Dawid moet egter verwerp word.

Dawid se lofwaardigheid as voorbeeld spruit veral uit die feit dat hy aan God vashou in voorspoed en teëspoed. As hy sukses behaal het, het hy aan God die eer gegee. Wanneer hy gesondig het, het hy sy skuld voor God erken en bely. Dit maak van Dawid ‘n voorbeeld

Ons erken iets van onsself in Dawid. Hy is nie altyd ‘n voorbeeld vir ons nie, maar ‘n voorbeeld van ons. Erken en bely God in elke situasie waarin jy jouself bevind! …Word ‘n dienaar na God se hart.
 (gedeeltelike erkenning aan Ds E Verhage)
 
Seënwense,
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...