Waarom?


In 1 Samuel 1:1-8 lees ons van Elkana wat twee vrouens gehad het, Hanna en Penina. Hanna was kinderloos en het pyn en vernedering ervaar daaroor. Dit was ‘n vrou se eer om kinders aan haar man te gee. Kinders het status aan ouers gegee en daarin was die gerusstelling dat hulle op ‘n hoë ouderdom deur die kinders versorg sal word. Waarom het God toegelaat dat Hanna leed verduur? Waarom het Hy haar gestraf en toegelaat dat sy gespot en verneder word?
 
Soms leef dieselfde vrae in ons, veral wanneer gebeure en lewensomstandighede minder gunstig uitwerk en ons slegte tye beleef. Dit is moeilik om te verstaan en te verwerk wanneer ons God se leiding en krag vra, maar alles oënskynlik skeef loop. Waarom sal God my man, vrou of kind laat siek word en sterf?
 
Uit die verhaal van Hanna blyk dit dat God nie ‘nee’ gesê het nie. Deur die geskiedkundige reis en verhale van 1 en 2 Samuel is dit duidelik dat God se tyd ‘anders’ is. Dit help nie om rebels, waarom te roep nie. Dit is beter om naby die Here te leef en blydend op Hom te wag.
 
Seënwense,
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...