Geringe sake


Ons moenie die waarde van die ‘geringe’ in die lewe onderskat nie.
 
In Matteus 25 leer Jesus oor Sy koninkryk. Hy maak dit duidelik dat ons ‘n verantwoordelikheid het teenoor die koninkryk van God: Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’.  Die vraag kom dan: Maar wanneer het ons dit aan U gedoen? en Jesus antwoord dan: Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’
 
Die voorkoms van ‘geringes’ is soms moeilik om te herken. Die saak en verstaan van ‘geringheid’ is soms kompleks en moeilik. Ons optrede en lewens raak mense voortdurend aan, want ons kom elke dag in aanraking met hulle. God se liefde en genade is ‘n geskenk van ons Vader en is deel van ons lewens. Wanneer ons dus God se wil leef, raak ons mense aan met Sy genade en liefde.
 
Moenie oordeel nie, want God is lief vir die geringes, watter ‘vorm’ hulle ookal aanneem. Gaan leef intentioneel in Sy naam. Gaan maak tyd vir die klein dingetjies.  Gaan kyk vir die geringstes en gemarginaliseerdes. Gaan luister vir God se roepstem.  Sy erfenis is vir jou – gaan leef sy liefde.
 
Seënwense,
Andrè
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...