Geringe sake.


Ons moenie die waarde van die ‘geringe’ in die lewe onderskat nie. 

In Matteus 25 leer Jesus oor Sy koninkryk. Hy maak dit duidelik dat ons ‘n verantwoordelikheid het teenoor die koninkryk van God: Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’.  Die vraag kom dan: Maar wanneer het ons dit aan U gedoen? en Jesus antwoord dan: Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

Die voorkoms van ‘geringes’ is soms moeilik om te herken. Die saak en verstaan van ‘geringheid’ is soms kompleks en moeilik. Ons optrede en lewens raak mense voortdurend aan, want ons kom elke dag met hulle  in aanraking. God se liefde en genade is ‘n geskenk van ons Vader en is deel van ons lewens. Wanneer ons dus God se wil leef, raak ons mense aan met Sy genade en liefde.

Moenie oordeel nie, want God is lief vir die geringes, watter ‘vorm’ hulle ookal aanneem. Gaan leef doelbewus in Sy naam. Gaan maak tyd vir die klein dingetjies.  Gaan kyk vir die geringstes en gemarginaliseerdes. Gaan luister vir God se roepstem.  Sy erfenis is vir jou – gaan leef sy liefde.

 Seënwense, 
Andrè


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...