Klein dingetjies

 
 Gister was die herdenking van oorlede Nelson Mandela se honderdste verjaarsdag. Baie is geskryf en gesê op die dag, maar dit was een van die klein berigte wat my aangespreek het – ’n berig wat gehandel het oor die manier waarop president Mandela die klein dingetjies gedoenhet…

Een van die staaltjies vertel hoe ‘n 6-jarige dogtertjie by die hek opgedaag het en gevra het om die bekende Nelson Mandela te sien. Hy het haar dadelik ingenooi en hy het tyd gemaak om met haar te sit en gesels. Melanie Verwoerd skryf oor verskeie gebeure waar ‘n nobel-prys wenner tyd, woorde en aksies kon vind om mense rondom om hom aan te raak en te moedig, veral wanneer hulle dit die nodigste gehad het.
 
In Matteus 10 stuur Jesus sy twaalf dissipels uit om Hom te gaan bely.  Daarom sê hy in die laaste verse “Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het…Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry. Dit verseker Ek julle.” Dit is duidelik dat Christus elkeen van sy dissipels stuur om die liefde van God te gaan leef.

Ons is broeders en suster van dieselfde Jesus Christus, in God ons Vader. Dieselfde opdrag geld vir jou en my. Ons is miskien nie welbekende nobel-prys wenners nie, maar God kies keer op keer die ‘onwaarskynlikste’ mense. Die manier hoe ons Jesus se opdrag kan aanpak is om Sy liefde te wees in die klein sakies van elke dag. Ons kan elke dag iemand aanraak deur tyd te maak; ons woorde noukeurig en opbouend te kies; en op te tree met dade wat spreek van liefde, omgee en aanmoediging, veral wanneer dit dalk die moeilikste is vir my en hulle dit die nodigste het.
 
Seënwense,
Andrè
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...