Toets God ons geloof?


Genesis 22:1-19

Oppad na die offerplek waar Abraham vir Isak, sy geliefde seun, moes gaan offer, wonder Isak: Hier is vuur en hout, maar waar is die lam om te offer? Abraham het geantwoord: My seun, God sal sy eie offerlam voorsien. 

Abraham se antwoord is ontsaglik kragtig. Die oë waarmee hy na sy onmoontlike toets kyk, is een van geloof. Abraham hoop op God se redding; hy hou vas aan die Here se belofte; en is seker dat God sal voorsien in sy uur van nood. God doen dan so.

God hét vir jou ook Sy eie Offerlam gestuur. God het Sy eie Seun gestuur en gelei om vir elke gelowige volkome versoening te bewerk en ons sonde weggeneem. Jy en ek kan seker wees dat God sal voorsien en vergeef. Jou Here versterk jou deur by jou te wees. Gaan antwoord daarom met kragtige oortuiging, in Sy naam.

Geseënde week!
Andrè


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...