Toets God ons geloof?

 
 
Genesis 22:1-19
 
Op pad na die offerplek waar Abraham vir Isak, sy geliefde seun, moes gaan offer, wonder Isak: "Hier is vuur en hout, maar waar is die lam om te offer?" Abraham het geantwoord: "My seun, God sal sy eie offerlam voorsien."
 
Abraham se antwoord is ontsaglik kragtig. Die oë waarmee hy na sy onmoontlike toets kyk, is een van geloof. Abraham hoop op God se redding; hy hou vas aan die Here se belofte; en is seker dat God sal voorsien in sy uur van nood. God doen dan so.
 
God hét vir jou ook Sy eie Offerlam gestuur. God het Sy eie Seun gestuur en gelei om vir elke gelowige volkome versoening te bewerk en ons sonde weg geneem. Jy en ek kan seker wees dat God sal voorsien en vergeef. Jou Here versterk jou deur by jou te wees. Gaan antwoord daarom met kragtige oortuiging, in Sy naam.
 
Geseënde week!
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...