God se opdrag.


Vandag is ons eerste ‘dagstuk’ in Junie. 2018 is alreeds halfpad en daar is nog soveel opwindende dinge wat voorlê.

Baie dankie vir elkeen wat in hierdie eerste helfte van die jaar gebak, gehelp en gewerk het. Baie dankie vir elkeen wat onderrig, opgevoed en ondersteun het. Baie dankie vir elkeen se betrokkenheid, entoesiasme, geduld en liefde. 
Die afgelope naweek se Makietie was besonders. Dit was ‘n geleentheid waar ons kon stilstaan (of sit) en verhoudings kon bou; ietsie lekkers eet en drink; kyk hoe die kinders lag en baljaar; en God dank vir sy goedheid en seën. 

In Levitikus 19:2 gee God aan ons ‘n opdrag: gaan wees heilig soos God heilig is. God roep ons op om daagliks, weekliks en jaarliks te gaan leef soos Hy vra - gevul met sy Heilige Gees in alles wat ons doen en in elke verhouding waaraan ons deel het. God gee die opdrag aan jou om sy liefde te deel aan elkeen.

23-24 Junie hou ons, ons Familie Naweek. Daar gaan ons lekker saam braai en eet, speel, rondom God se Woord bymekaar kom. Ons gaan ook ‘n geleentheid hê om te luister na Myan Subrayan - ‘n skrywer en motiveerder wat saam met Gauteng Leeus, Springbokke en Proteas gewerk het. Nooi jou vriend(e) om te kom deel wees van hierdie lekker sosiale geleentheid. So deel ons God se liefde en versterk ons sy gemeente. 
                    
Seënwense, 
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...