Onse Vader- Verduidelik.

 
Wat beteken die einde van die gebed – Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid…? (Heidelbergse Kategismes vraag & antwoord 128)

God is ons Koning! Aan Hom behoort alle mag in hemel en op die aarde! Daar is absoluut niks wat Hy nie kan vermag nie! As ons Vader wat ons baie lief het wil Hy ons ryklik seën! Hy het die mag en vermoë om in ons fisiese en geestelike behoeftes te voorsien, soos ons dit benodig om ons ewige bestemming te bereik!  

Ons hoef geen vrees meer te hê vir enige ander magte of kragte wat ons wil aanval nie, want selfs hulle is onderworpe aan Ons Vader, die Almagtige. Ons lewens moet hierdie oortuiging bevestig – ons lewens moet die heilige Naam van die Here prys! Jesus sê Matteus 5:16 – “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”.”

Die woord  Amen (HK v&a 129) is ‘n belangrike woord met ‘n belangrike betekenis wat met intensie en oorleg gebruik moet word! Die woord Amen beteken dit is waar en seker. Dit is ‘n belydenis wat ons teenoor God uitspreek, waarmee ons bevestig dat ons glo en sy belofte(s) aanvaar en ernstig op neem! Ons bely sy almag, sy wil, sy versorging en sy seën. 

Jakobus skryf in sy brief:  “Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.”

Dit is ‘n voorreg om ons gebed met Amen te kan afsluit! Met Amen bely ons met sekerheid ons oortuiging dat God ons Vader is, en Hy ons gebed sal verhoor. 

Gryp daarom  elke dag die geleentheid aan om tot God te bid en leef in die verwagting van die verhoring van jou gebed!
(gedeeltelike erkenning Ds JH Breytenbach)
                     
Seënwense, 
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...