Onse Vader- Verduidelik.

 
Wat beteken die vyfde bede – Vergeef ons ons oortredinge, soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree ? (Heidelbergse Kategismes vraag & antwoord 126)

Elkeen van ons is sondig, het sonde en verdien straf. Jesus leer ons om ons eie onvermoë te besef en te aanvaar dat alles genade van God is. Ons kan niks doen om redding te verdien nie. Daar is net Een na wie ons kan vlug – alleen God is in staat om ons sonde te vergeef; dit maak nie saak hoe groot my skuld is nie. Die wonder – God het ons reeds volkome vergeef in Jesus Christus.

Die laaste deel van hierdie bede roep ons tot selfondersoek. Hoe leef ons in die aangesig van God se genade en vergifnis? God se skuldvergifnis wek dankbaarheid en die behoefte in ons om die mense naby ons ook te vergewe. God se genade gee aan ons die geleentheid om ook die wat teen ons oortree te vergewe. Ons dankbaarheid vir God se Liefde wek in ons ‘n ernstige bereidheid en voorneme om ons naaste te vergewe en in vrede te lewe. God se vergifnis en vrede na ons, vloei deur ons sodat ander ook daarin kan deel.
…deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie…(1Kor15:10) 
                     (gedeeltelike erkenning Ds H Aucamp)
 
Wat beteken die sesde bede – En laat ons nie in die versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose ? (HK v&a 127)

Die Kategismes leer: ons bid hierdie, omdat ons in onsself swak is en nie staande kan bly nie. Ons is broos en verganklik en uitgelewer aan die magte wat sterker as ons is. Die duiwel het een doel voor oë – en dit is om ons saam met hom in die verderf in te neem. Daarom val hy ons swakhede aan – vir sommiges is dit geld, ander is dit sondes van die vlees, en soms is dit ‘n innerlike stryd  soos jaloesie, begering en so meer. Juis daarom moet ons innig verbonde aan Jesus Christus lewe – sonder Hom kan ons niks doen nie (Joh 15:5). Daarom moet ons elke dag bid: Bewaar ons van die Bose! Want as ons bid staan ons nie meer alleen nie en stry ons nie meer alleen nie! Jesus, die Oorwinnaar, stry vir en saam met ons!
                                  (gedeeltelike erkenning Ds JH Breytnebach)

Seënwense, 
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...