Onse Vader.

Mattheus 6
 
In Matteus gee ons Here Jesus vir ons ‘n raamwerk van hoe gelowiges hulle geloof kan uitleef. In verse 9-13 leer hy ons ook hoe om te bid – die Onse Vader gebed. Die Kerk het dan ook hierdie gebed gebruik om ons te leer hoe om ons verhouding met God te verdiep. Die gevolg – deur die eeue heen is vele gelowiges deur gebed geïnspireer, gemotiveer, beskerm en versterk in die geloof.

Wanneer ons na die groter gedeelte kyk, waarvan Matteus 6:9-13 deel is, dan besef ons dit is deel van die bergrede.  Die bergrede is Jesus se belangrikste prediking waarin Hy die mense geleer het oor verskeie onderwerpe. Gebed vorm egter die kern van Jesus se boodskap – ‘n aanduiding van die belangrikheid en noodsaaklikheid daarvan vir elke gelowige.

Die eerste reël van die Onse Vader is waar God aangespreek word – “Ons Vader wat in die hemel is…”  Die doel met hierdie aanspreking is om God te erken as ons Here. Dit vorm die basis van ons gebed en is beduidend op die gesindheid en karakter van ‘n egte gesprek met God. Jesus wil ons leer om te bid, sodat ons gebed nie net woorde is nie, maar sodat ek en jy gebed kan leef.
 
Ons Vader wat in die hemel is,
laat U naam geheilig word.
Laat U koninkryk kom,
Laat U wil geskied op die aarde,
laat U wil geskied in my hart,
my lewe, my dorp, my huis, 
my verhoudings, my werk
soos in die hemel.
Aan U behoort die mag en die heerlikheid. 
Amen.

Seënwense, 
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...