Gebed.

1 Timoteus 2
 
In ons vorige erediens het ons gesê dat elkeen se uitdagings anders lyk.  Hoe moet ons as Christen gelowiges leef? Hoe moet ons leef teenoor mekaar? Hoe moet ons leef teenoor die wêreld en sy mense? Hoe moet ons leef teenoor die owerheid en ander mates van gesag? Deur ‘n aktiewe gebedslewe  leef ons biddend teenoor die wêreld en in die wêreld, die owerheid, alle mense en magte.

Ons gebede is ‘n naderkom na God ter wille van mense, magte en die wêreld. Ons gebede is ‘n opdra van God se werkende liefde. Ons gebed is ‘n gewilligheid tot diens in God se groeiende koningkryk. Dit gaan daarom dat ons alles voor God se genade en heil neersit. Die gebed vir alle mense, en selfs die owerheid, bely God se genade wat in Christus se bloed gestalte kry. So leef en getuig ons teenoor mekaar, maar ook teenoor alle mense en magte voor God.

Dit is ons opdrag, vanuit ons verlossing in Christus, dat ons in ons huis en erediens vir alles en almal bid. Deur ons inklusiewe gebedslewe sien die wêreld dat ons priesters is in God se genade. Die fondament waarop ons knieë rus, is God se hand van genade wat Christus die losprys maak vir die sonde. Op ons knieë, biddend vanuit God se genade verkondig ons Christus se verlossing.
(met gedeeltelike erkenning aan Dr C Pretorius)

Seënwense, 
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...