God bewys sy liefde!

1 Johannes 3:11-18
 

Elke dag weerklink die woorde reg oor die wêreld – ek is lief vir jou – in verskillende verhoudinge. Hierdie woorde bewys ‘n sekere verbintenis aan die spesifieke persoon.  Wanneer iemand sê hy/sy is lief vir jou, maar anders optree, verloor hierdie woorde hulle trefkrag.

Hierdie komende naweek is Paasnaweek – Goeie Vrydag en Paassondag – waarop God sy liefde vir sondaars bewys met ‘n konkrete daad.  Jesus lê sy lewe vir sondaars af, want wanneer God sê Hy het ons lief, is dit nie net woorde en lippetaal nie. Die bewys van God se liefde vind ons aan die kruis op Golgota.

Omdat God ons eerste liefgehad het, sonder dat ons dit verdien, moet ons mekaar ook liefhê.  Daarom word ons as gelowiges in 1 Johannes 3:18 vermaan: Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Ons moet God toelaat om ons lewens met sy liefde aan te raak. Ons moet die wêreld met sy liefde gaan aanraak.  
(met gedeeltelike erkenning aan Ds JA Swart)
 
Kom dank God saam met ons hierdie Paasfees by  Sondag 1 April se SAG opstandingsdiens  by Guildford Gemeente om 10 uur. 

Geseënde Paasfees!
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...