Om Dankie te sê

 

Lukas 17: 11-19

Kinders word van kleins af geleer om dankie en asseblief te sê. Beide woorde is ‘n gebruik om ons (gedeeltelike) afhanklikheid van iemand se dade en optrede te erken. Ongelukkig gebeur dit dikwels dat mense vergeet om dankie te sê wanneer hulle iets ontvang het.
 
Op sy reis vanaf Galilea na Jerusalem genees Jesus tien melaatse (een van die ergste siektes van die tyd) mans. Ondanks hulle wonderbaarlike genesing van hierdie ongeneeslike en hoogs aansteeklike siekte, vergeet nege om dankie te sê. Slegs een, ‘n Samaritaan, kom terug om dankie te sê.
 
Ons vergeet ook soms om vir God dankie te sê. Eintlik kan ons lewens nie anders as om ‘n danklied vir God te wees nie. Sonder dat ons dit verdien, het Christus vir ons (met al ons foute) gely en gesterf.  Paasfees is ons herinnering aan God se genade en liefde.  Wanneer ons besef hoe groot en onverdiend Jesus se redding en God se genade is, kan ons nie anders as om elke dag voor God se voete neer te val en Hom te dank nie.
 
Kom dank God saam met ons hierdie Paasfees.  Vrydag se gesamentlike CTL erediens is by LBC om 10 uur. Sondag se SAG opstandingsdiens is by Guildford Gemeente om 10 uur. 

                                                                                  (met gedeeltelike erkenning aan Ds JA Swart)
Geseënde Paasfees!
Andrè


                                                           

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...