Om dankie te sê!
Lukas 17: 11-19
Kinders word van kleins af geleer om dankie en asseblief te sê. Beide woorde is ‘n gebruik om ons (gedeeltelike) afhanklikheid van iemand se dade en optrede te erken. Ongelukkig gebeur dit dikwels dat mense vergeet om dankie te sê wanneer hulle iets ontvang het.
Op sy reis vanaf Galilea na Jerusalem genees Jesus tien melaatse (een van die ergste siektes van die tyd) mans. Ondanks hulle wonderbaarlike genesing van hierdie ongeneeslike en hoogs aansteeklike siekte, vergeet nege om dankie te sê. Slegs een, ‘n Samaratiaan, kom terug om dankie te sê.
Ons vergeet ook soms om vir God dankie te sê. Eintlik kan ons lewens nie anders as om ‘n danklied vir God te wees nie. Sonder dat ons dit verdien, het Christus vir ons (met al ons foute) gely en gesterf. Paasfees is ons herinnering aan God se genade en liefde. Wanneer ons besef hoe groot en onverdiend Jesus se redding en God se genade is, kan ons nie anders as om elke dag voor God se voete neer te val en Hom te dank nie.
(met gedeeltelike erkenning aan Ds JA Swart)
Kom dank God saam met ons hierdie Paasfees by Sondag 1 April se SAG opstandingsdiens by Guildford Gemeente om 10 uur.
Geseënde Paasfees!
Andrè
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|