Neem jou kruis op!

Matteus 26:58-75

Jesus se kruisverhaal getuig – geloofsbelydenis is nie maklik nie. Petrus het buite in die binnehof gesit toe 'n diensmeisie na hom toe kom en sê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër.” Petrus se antwoord is sekerlik die grootste voorbeeld van hoe moeilik dit is om jou geloofsbelydenis te leef. Sy antwoord lei tot ‘n drievoudige verloëning van sy Here.

Om in die openbaar ‘n belydenis te maak is meeste kere ‘n uitdaging.  Dink maar aan jou eerste liefdes-belydenis…die angs, spanning, hitte- en sweet golwe wat oor jou gespoel het om darem net die woorde te uiter “ek hou van jou”. Dink aan die eerste keer toe jy jou stem moes uiter teen jou baas of ‘line manager’…die spanning en onsekerheid oor wat die implikasies daarvan moontlik gaan wees. Om vandag, in die openbaar, jou geloof te bely is ook nie altyd so maklik nie. 

Daarom is dit opwindend en ‘n voorreg as ons gekatkiseerde jongmense voor die gemeente kom staan om in die openbaar hulle persoonlike oortuiging en geloof in ons Drie-enige God te bely!  Gaan bely ook self jou geloof vandag, more, Sondag en volgende week aan familie, mede gelowiges, ongelowiges en veral aan hulle wat vra: Ken jy vir God?
 
Ons dank U, Barmhartige God en Vader, dat U u werk voortsit en gelowiges roep om belydenis te doen van hulle geloof in U.

Ons bid dat U hulle deur u Heilige Gees sterker sal bind aan Jesus Christus en vaster sal bind aan sy kerk.

Ons bid dat U hulle sal staande hou en laat groei in die geloof en kennis van ons Here Jesus Christus; dat U hulle voortdurend sal lei tot 'n lewe van diens en gehoorsaamheid aan U, tot kragtige getuies in die wêreld, en dat U hulle sal bewaar van versoeking. Gee dat hulle in die laaste dag onder die skare van uitverkorenes in oorwinning voor u troon sal verskyn.

Ons vra dit in die Naam van ons Here Jesus Christus.
Here, ek bid dit vandag vir elkeen wat in U glo.  Amen
 

Geseënde lydensweek.
Andrè

 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...