Geestelike Oefen Plan.

 
Die sukses van ons Geestelike Oefen Plan gaan hand-in-hand met ons uitvoering daarvan.  Die boek van Jakobus maak dit baie duidelik.  In hoofstuk 2:14-16 gebruik Jakobus vir Abraham, ons geloofsvoorvader, as ‘n voorbeeld…
 
Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie? Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het. So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is 'n vriend van God genoem.

Ek wil jou uitnooi en uitdaag om vandag, more, volgende week, -maand en in die jare wat kom jou geloof te staaf met jou dade. Woeker met die Koninkryk van God. Vertrou op die Heilige Gees om jou te lei. Versterk jou kennis deur die Bron en Woord van God. Spandeer elke dag voldoende tyd om te bid…te luister…God se wil te ken.

Vandag se besluite is in jou hande. Môre is in God se hande. Lewe soos ‘n wyse mens.

Soli Deo Gloria – Al die Eer aan God!
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...