GOD IS ONS FONDAMENT

 
Ons kennis, verstaan en geloof in God is die fondament van ons lewens-huis.  Dit vorm die platform vir ‘n sinvolle lewe met rigting en doel. God help ons om elke steen en muur van ons lewe reg en goed te bou, want Hy is die rots wat ons benodig.
 
Om Sy plan vir ons lewe te ken, moet ons Hom ken. Kennis en ‘n verhouding met die Here is ‘n deurlopende wisselwerking tussen God en Sy kinders. Die Vader skenk liefde, genade en krag tot hierdie verhouding en ons luister en leef in gehoorsaamheid. Ons gehoorsaamheid word bepaal deur ons vertroue aan Sy stem – Sy Woord en Gees – wat ons lei.
 
God openbaar Hom op verskillende maniere aan mense. Josef - in sy drome. Moses - in ‘n brandende bos. Farao - deur die plae in Egipte. Dawid - deur die natuur. Maria en die herders - deur God se engele. Die wyse manne - deur die sterrehemel. Die dissipels en Israeliete - deur Jesus Christus die Seun.
God openbaar Hom elke dag aan jou. Hy dit doen op enige manier – deur Sy Woord; “beskerm engele", die natuur, drome, wense, mense en gebed. Die vraag is: soek jy en luister jy…? Gaan lees Sy Woord! Gaan luister in gebed! Maak gereed om te antwoord…
 
Gebed:  Here, maak U wil aan my bekend. Leer my. Spreek tot my, want ek is u dienaar en ek wil luister.
 
Geseënde week!
 
Andre
 
GEESTELIKE OEFEN PROGRAM:

Sondag 11 Februarie 2018 – Vereiste vir geestelike groei – Filippense 2
Sondag 25 Februarie 2018 – Bewyse van geestelike program – Matteus 25 en Lukas 2


                                                           

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...