Oefen elke dag!


Elke dag leef ons in ‘n veranderende wêreld. Geleenthede, omstandighede, voorspoed, teenspoed en gebeure het ‘n impak op ons op verskillende maniere. Wanneer dit ons persoonlik aanraak, verstaan ons waardeur ander mense gaan. Ons dink aan geweld, droogte, koue, siekte, dood, werkloosheid en selfs skoolaansoeke in die UK. Iets wat baie min van ons egter werklik sal kan verstaan is die impak wat oorlog op volke, families en individue het.
 
Frikkie Greyling van Agape het ons gemeente genooi om saam met GAIN uit te reik en te gaan help op Lesbos. Van ons gemeentelede wil graag gaan om hierdie mense in Jesus se naam te gaan bedien. Marius Schultz se skrywe die volgende:

Lesbos has become a holding point where refugees from Syria and the war torn surrounds are stranded. Whether or not we agree or disagree with Europe’s handling of the crisis, these people are stuck in poor circumstances and are open to experience the love of Christ in action.

I am hoping to join GAiN (Global Aide Network) in February 2018 for a week to provide non-food items to those living in the camps and manage the shelter to accommodate new arrivals to the camp. In a very practical way we can lend a hand with the physical needs but by spending time there we can also let them know we are alongside them and they haven’t been forgotten.

I need your help. I need financial assistance to make this possible and more important I need your prayers for a heart of compassion to respond appropriately to this humanitarian crisis as well as to be prepared to go with an attitude to serve and to learn from the people we go to help. The total cost will be around £700.Please follow this link to make a contribution through PayPal – paypal.me/MGSchultz
 
Ek wil elkeen van ons aanmoedig om te help!  Jy kan dit op die volgende maniere doen:

i. Bid vir die uitreik en mense op Lesbos! 
ii. Gee finansieël om soveel moontlik van ons mense toe te rus om die liefde van God daar te gaan deel.
 
Matt 28: “18  Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.  19  Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20  leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Ek wil jou ook uitnooi – KOM OEFEN gerus SAAM.  Kom ondersoek, leer en leef jou reis saam met God en die Gemeente.
 
Soli Deo Gloria – Al die Eer aan God!
 
Andre
Leraar SA Gemeente Noordwyk  

GEESTELIKE OEFEN PROGRAM:

Sondag 04 Februarie 2018 – Vereiste vir geestelike groei – Filippense 2
Sondag 18 Februarie 2018 – Bewyse van geestelike program – Matteus 25 en Lukas 2
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...