Lewenspad.


 Die Spreuke boek deel met ons verskeie wyshede.  Die skrywer maak verskeie stellings; gee soms raad; en bespreek sake meestal uit ‘n interessante hoek met ‘n unieke oogpunt.  Daar is egter ‘n saak wat deurgaans sentraal staan – God is in beheer en met die wat Hom soek.

Spreuke 16 praat oor verskeie aspekte van ‘n gelowige se lewenswandel.  Hy maak telkens die punt, dat ons kennis en verstaan gedeeltelik is, maar dat God alles ken, weet en volkome voorsien.  Daarom sê hy ook in vers 9 “'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.” 

Ons elkeen is op reis deur die lewe; elkeen op sy of haar eie weergawe daarvan.  Dit is verantwoordelik om gebeure en sake te beplan, maar die Spreuke digter sê vir ons dat ons planne kom alleen tot vervulling in God se wil. Spreuke vra dus:  Hoe neem ons God in ag met ons beplanning?

God se plan is gesetel rondom sy kinders.  Jesus Christus het dit vir ons kom vergestalt.  Selfs die sterrekykers was oortuig van Sy ster en lig.  Gelowiges – jy en ek – is deel van God se plan!  Ons ewige toekoms is gefundeer in Hom.  Waarom sal ons Hom dan nie deelmaak van ons planne hier en nou nie?  

Mag jy en jou geliefdes opnuut bewus wees van God se nabyheid in die komende Advent tyd.
 
Soli Deo Gloria,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...