Op reis saam met God.
September is 'n spesiale maand. Dit is die begin van 'n nuwe seisoen. Regoor moederaarde impliseer dit verandering en vernuwing. In ons Gemeente is hierdie September ook 'n tyd van verandering, vernuwing en vorentoe beweeg.
Wanneer ons as gelowiges vorentoe beweeg, is dit altyd belangrik om te beplan en doen in oorleg met God. Abraham het geleef met die oog op God se belofte (Genesis 12-25). Moses het gewag op God se instruksie om die volk uit Egipte te lei (Eksodus 5-12). Gideon het getrou gesoek en geluister na God se plan (Rigters 6-8). Paulus het daadwerklike verandering geleef en gebring deur van vervolger na skrywer te groei en daagliks God se wil te verkondig en te leef.
Ons Gemeente is ons op reis saam met God. Elke individu, ouer, kind en gesin is in 'n verhouding met die lewende God. Sondae is 'n nuwe geleentheid om te nader tot jou Here...om te bely, te hoor en te sien wat Sy Liefde beteken.
Mag hierdie September se eredienste vir jou lewe vernuwing en verandering bring.
Mag jy saam met Josua belei: "Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien." (Josua 24:15)
Aan God al die eer! Sien jou volgende Sondag,
Seën wense
Andrè
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|