God se vroue.

Komende Sondag is Vrouedag. Genesis 1:27 en 31 sê "God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep…Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed."
 
Ek vermoed elkeen van ons se lewens is al aangeraak deur ‘n spesiale vrou, hetsy ‘n moeder, huweliksmaat, dogter, vriendin of selfs vreemdeling. Dit is duidelik uit die Woord dat God ‘n spesiale plek vir elke vrou het. God het vir elkeen ‘n plan en opdrag. Die geskiedenis en elke gesinsdag is getuienis hiertoe.
 
Daarom wil ek jou uitnooi om Sondag om 09:00 tydens ons Huiskerk te kom stil word...God te kom dank vir elke belangrike vrou in ons lewens; en om saam te kom kyk na die vroue in jou lewe deur die venster van God.
 
Seënwense en sien jou Sondag in jou huis, 

Andrè
Vroue dag

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...