Kidz & Tieners 

kids-header

 

 

Die kinderbediening by Noordwyk word deur ‘n passievolle groep ouers aangebied gedurende skooltermyn. Dit is ‘n entoesiastiese groep wat met ‘n liefde vir die Here, hul tyd gee, om die kinders van ons gemeente te dien. Dis vir ons belangrik om ons kultuur en geloof saam te kan uitleef in Engeland. Daar word ‘n DVD storie of iets relevant na die Sondagkool les tydens die diens vir die kinders aangebied, voor die kinders na hul klasse gaan.

Die groepe is opgedeel volgens ouderdomme om aan die kinders se verskillende behoeftes te voldoen.

 

 

 Babas van 0 tot 2 jaar

 

  • 'n Vertrek met speelgoed is ingerig vir babas om te speel terwyl ouers met oorfone na die diens kan luister.
  • Doekruilfasiliteite is beskikbaar.

 

 

Kleuterkerk van 2 tot 4 jaar

 

 

  • Ons volg 'n uitgewerkte sondagskool program, daar word boekies uitgedeel wat die kinders deur werk. 
  • Dit word gevolg deur aktiwiteite wat by die les aanpas ... verf, inkleur, spoeg en plak, speletjies. 
  • Lessies word aangebied deur ’n span wat bestaan uit onnies / mammas

  

 

Kinderkerk van 5 tot 12 jaar

 

  • Sondagskool vind plaas tydens die oggenddiens 
  • Ons volg 'n uitgewerkte sondagskool program en daar word boekies uitgedeel wat die kinders deur werk. 
  • Lesse word aangebied deur ’n span wat passievol is oor die kinders en tieners in ons gemeente!
 

 

Tieners van 13 tot 18 jaar

 

  • Ons het 'n baie dinamiese Tiener bediening
  • Ons volg 'n uitgewerkte sondagskool program en daar word boekies uitgedeel wat die Tieners deur werk. 
  • Tienerkerk vind plaas voor die erediens.

 

 

 

LW: Alle volunteers is DBS goedgekeur. Click hier vir meer inligting daaroor.