Die prys van woorde


TEKS:  Psalm 37:30-31
 
Die prys van alles in ons wêreld het op gegaan. Om te leef, te bly en te ry is duurder. Verhoudings, kinders, opvoeding, sport en selfs speel kos meer as ooit te vore. Woorde blyk alhoewel die uitsondering te wees. Die prys van woorde het blykbaar gedaal en val baie maal op dowe ore.
 
Johan Heyns skryf en herinner ons: Tog kan ek praat omdat Iemand met my gepraat het en nog altyd wil praat. Tog kan ek waar woorde spreek omdat Hy wat die Woord is ook die Waarheid is. Daarom kan ook my woorde krag hê omdat die Woord vlees geword het.
 

Die waarde van ons woorde is in God se Hand. Ons Here se genadige liefde gee aan ons krag, insig en wysheid wat nie uit onsself kom nie, maar uit Sy onverstaanbare Almag. God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde.
 
Gebed: 

Here God, dankie dat U Woord my rig en U Heilige Gees my lei. Laat ander U hoor en sien in my. Amen.
 

Andre









 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...