Meer Oor Ons
Wie is ons?
By SA Gemeente glo ons dat geloof nie 'n Sondag-aktiwiteit is nie, maar 'n lewens-netwerk, 'n dinamiese beweging waar mense verbind, groei en saam leef as deel van God se groter storie. Dis 'n netwerk waar jou lewe sin kry, jou geloof vlerke kry, en jou gesin deel word van iets wat groter is as onsself.
Die SA Gemeente is 'n protestante kerk met meeste van die lidmate, oorspronklik vanaf Suid Afrika, wat nou in die suide van Engeland bly. Ons is een van drie SA Gemeente wyke en het bedieningspunte regoor Engeland (kliek hier vir die web tuiste van die groter SA Gemeente). Die SA Gemeente is 'n geregistreerde "charity" in Engeland en Wallis (Charity number: 1151071).
Ons leraar is Ds. André Harmzen en eredienste word gehou in Afrikaans (met Engelse vertaling).
Wanneer & waar is ons eredienste?
Elke 1ste en 3de Sondag van die maand om 10h00 by:
Alderbrook School
Blossomfield Road
Solihull, B91 1SN
(Google Maps)