Vooruitsig.


Teks: Jeremia 29:10-13
 
Oor die afgelope klompie maande het ek saam met Menlyn Maine Gemeente in SA gewerk aan ‘n nuwe aanlyn projek vir ons Kerk. Ons het gepoog om elke dag ‘n kort video oordenking op ‘YouTube’ te plaas om daagliks God se Woord na meer mense te bring. Met genade van Bo bereik die oordenkings daagliks honderde mense!

Ek wil jou vandag uitnooi om te luister na ‘n kort refleksie oor die Vooruitsig wat God vir Sy kinders het. Ons twyfel soms oor God se plan met ons, maar Jeremia gee vir ons perspektief oor God se plan op elkeen van ons se lewensreis. Ek het dit in Somerset opgeneem, tydens ons kamp naweek in Mei. Lekker kyk en luister!

Ek wil jou uitnooi om vandag by 'die Kerk' se YouTube blad' te “subscribe” sodat jy ook elke oggend ‘n bietjie ekstra pitkos vir die dag kan inpak.
 
Geseënde week en sien jou Sondag by huiskerk.
Andrè





 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...