| | | | | | |
Hoe het alles so skeef geloop?
Ek lees die afgelope week die lewensverhaal van Saul (1 Samuel 10-15) en wat my opval is hoe goed Saul begin het en hoe sleg dit uitgedraai het. In hoofstuk 11:6 lees ons “Maar die Gees van God het met krag oor Saul gekom...” God kies vir Saul, hy rus hom toe, hy verrig groot dade in die naam van die Here en hy geniet die ondersteuning van die hele volk.
Twee hoofstukke later (13:13) lees ons dat Samuel vir hom sê, ‘”Dit was dwaas van jou!” sê Samuel “Jy het nie geluister na die bevel van die Here jou God nie. As jy geluister het sou God jou koningskap oor Israel vir altyd bevestig het.”’ Wat het skeef geloop?
Ons sien 'n paar dinge: 1. Saul was ongehoorsaam aan dít wat die Here gesê het. 2. Dit was vir hom belangriker om gewild te wees by die volk as om na God wat hom aangestel het te luister. 3. Hy was bang.
As ons die Here leer ken is ons gewoonlik vuur en vlam in ons verhouding met God. Soos die tyd aangaan is daar ander faktore wat 'n groter rol begin speel. Watter van Saul se kwale speel 'n rol in jou geestelike lewe? Raak bewus daarvan en maak vandag 'n nuwe begin.
Groete en seën. Christo Benade
Vorige Briewe
| Onrus in Engeland | | As leraars van die SA Gemeente het ons bewus geword dat die onrus van die afgelope paar dae die lewens van baie mense in Engeland ingrypend ontwrig en getraumatiseer het.
More ...
| |
|
| |
|
|
|
| | | | |
| | | Tuesday 22 May | | 19:00 | | Selleier opleiding @ Theydon Bois |
| | | Friday 8 June
- Sunday 10 June | | | DANKFEES @ Hop Farm, Kent |
|
|
|
|
|