God se woord beskryf LIEFDE

 

Teks: 1 Korintiërs 13
 

"4  Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik;

dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. 5  Dit handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. 6  Dit verbly hom nie oor onreg nie,

maar verheug hom oor die waarheid.

7  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles."

 
 
Almal het sulke liefde nodig. Almal raak opgewonde oor die vooruitsig van hierdie liefde. Almal streef daarna om so lief te hê, maar as jy dit van 'n ander persoon verwag, sal jy byna altyd teleurgestel word. Waar laat dit ons liefde?

God is die enigste Een wat jou volmaak kan liefhê. Wanneer jy 'n verhouding met God het en Sy liefde ervaar, bemagtig dit jou om ander lief te hê soos God jou liefhet. My en jou liefde se krag is in God te vinde.
 
Mag jy liefhê uit God se liefde vir jou. Sien jou by die kerk.

Seënwense,
Andre

Kontak die kerkkantoor by
noordwyk@sagemeente.com of ena@sagemeente.com






 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...