As Woensdag

 

Teks: Johannes 3:16


"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."
 
Vandag is As-Woensdag, die offisiële begin van Lydenstyd. Lydenstyd, in die Christelike kerk, is 'n tydperk van verootmoediging en voorbereiding vir Paasfees. Oor die loop van die volgende veertig dae reflekteer en dink Christene regoor die wêreld oor die pad wat Jesus Christus gestap het om God se Liefde aan my en jou te illustreer.
 
Vandag is ook Valentynsdag, anders bekend as die Fees van St. Valentyn.  Die dag het ontstaan as 'n Christelike feesdag ter ere van 'n martelaar genaamd Valentine. Oor tyd heen het dit 'n belangrike kulturele viering van romanse en liefde in baie streke van die wêreld geword.
 
Dit kan vir ons vreemd klink om beide vreugde en liefde te vier, en op dieselfde dag ook te dink aan lyding, opoffering en verlatenheid. Dit is immers teenstrydig om in dieselfde asem te praat oor kruis en dood, tesame met liefde en lewe. Tog, wanneer ons voor God staan en na Christus luister, is dit presies wat Johannes 3:16 aan ons wil kommunikeer.
 
So baie maal verwag ons liefde om “maanskyn en rose” te wees. Maar die hart van liefde strek soveel dieper. God se liefde het ‘n duur prys vir ons betaal. Mag ons liefde, sigbaar wees deur die rose en sjokolades sowel as die lyding en as van die lewe.
 
Gelukkige Valentsydag en Geseënde As-Woensdag.
Andre
 

Kontak die kerkkantoor by
noordwyk@sagemeente.com of ena@sagemeente.com






 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...