Gesinne wat God se stem ken



Teks:  Josua 24:15

“…kies dan vandag wie julle wil dien…Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”

 
In Josua 24 lees ons hoe Josua God se saak voor die volk stel. Hy lê bloot die feite van God se verhouding en voorsiening voor hulle neer. Sonder om op hulle antwoord te wag, maak hy duidelik watter besluit hy en sy familie vooraf geneem het. Josua se belydenis het ‘n radikale impak op sy persoon, leierskap, lewensverhaal, uitkyk, familie, nageslag en hulle verhouding met God. Josua se besluit het ‘n direkte invloed op die volk.
 
Wanneer ek hierdie verhaal lees, sien ek dit afspeel rondom ons. As gelowiges staan ons vandag voor dieselfde keuse – Ken ons God? En wie dien ons? Ons besluit het ‘n radikale impak op ons lewens-uitkyk, hede en toekoms. Ons antwoord en verbintenis rig ons gesin en nageslag, en bepaal ons bestemming. Ons keuse het ‘n direkte impak op God se kerk.
 
Ons gemeente-familie kies om die Here te dien. Oor die volgende jaar wil ons jou en jou huis toerus en versterk om God te ken en Sy stem te hoor vir julle lewe. Ons Eredienste is ons primêre geleentheid. 

Daar is nou 'n nuwe geleentheid waarby die Tieners (11-14 jaar en 15-18jaar) betrokke kan raak. Daar is reeds 'n uitnodiging na die Tieners se Ouers gestuur waar die jong mense by die groepe kan inskakel. Op die groepe is daar weeklikse persoonlike-stukke (op WhatsApp), Kategese-en-omgee kuiers Sondae tydens die Erediens (waarby jou kinders reeds betrokke is), en Sondae aande se geestelike-gesprekke aanlyn (deur die Dominees gefassiliteer). 

Dit is my wens en gebed, dat jy en jou gesin vandag die keuse sal maak om saam ons......saam jou gemeente hierdie besluit te neem.
 
Indien jy enige vrae het, kontak my of Ena gerus. Ek sien uit om saam met jou die Here te dien.

Seënwense,
Andre






 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...