In pas in die legkaart van die lewe
Die raam van die legkaart is die eerste wat gebou word
En 'n visioen word langsaam op my tafelblad ontvou
En as ek gaan volgens die dinge wat die houer deksel sê
Gaan daar binnekort 'n meesterstuk hier op my tafel lê
Die voorbeeld op die deksel is al klaar 'n grootse werk
Die kleure lyk verruklik en die komposisie sterk
In die prent sien ek drie konings wat opgewonde wys
In die rigting van 'n ster wat bo die horison verrys
In die middel van die prent, is 'n palet van pastelkleure
Daar's planete en sterre van te kies en van te keur
Maar die een wat ek wil hê is die een waarna die konings kyk
Die ene wat kompleet net soos die ster van Bethlehem lyk
En eindelik is die legkaart dan so byna byna klaar
En maklik pas die stukkies wat nog oorbly inmekaar
Maar net een stuk is nie daar nie en dit wroeg hier in my gees
Net daardie een is weg waarop die Bethlehem ster moes wees.
Stuk vir stuk so bou ek aan die legkaart van my lewe
Met elke stuk wat pas word nog 'n leemte ingevul
Stuk vir stuk so bou ek aan die legkaart van my lewe
Met elke nuwe stuk word nog 'n lewensdroom vervul
Lukas Maree
Mag jy opnuut vind hoe hierdie stuk in jou lewens-legkaart pas..
Seënwense
Andrè
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
Wese van goeie dade | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
Wees voorbereid | Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê.
More ...
|
|
| |
|