Volledig IN Diens
Om ‘n Christen te wees is om voltyds en volledig in Jesus se diens te wees. Ons moet reg wees vir die ooglopende en vir die onverwagse van die lewe. Wanneer ons Jesus aanvaar gee ons, ons hele wese en lewe in dankbaarheid vir sy vergifnis en verlossende liefde. Daarom staan ons in sy diens teenoor ons families, kollegas en mense wat Hy oor ons pad bring; en bid ons elkeen van ons mede-gelowiges wat in Sy diens is.
Om IN diens van Christus te wees is om IN diens van liefde te staan. Soms is dit harde werk, en moet ons onthou dat dit voortspruit uit ons liefde vir Hom en sy kinders. Om te doen en te dien in liefde, is nie iets wat ons deeltyds kan beoefen nie, maar verg ‘n sekerheid en oortuiging wat geanker word in ons geloof in Jesus ons Here.
Gebed:
Here God, dankie vir dit wat U Seun vir my kom doen het. Jesus, my Here, ek wy op nuut my lewe aan U. Laat U Gees my lewe lei en rig in U diens. Amen.
Geseënde week.
Andrè
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
Wese van goeie dade | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
Wees voorbereid | Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê.
More ...
|
|
| |
|