In God se Diens


Teks: Handelinge 8:30

Filippus het daarheen gehardloop en gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees. Hy vra toe vir hom: “Verstaan u wat u lees?”.
 

Verstaan ons altyd wat ons in God se Woord lees?  Verstaan ons wat dit beteken om in die Almagtige God se diens te staan?
 
Die gedeelte in Handelinge 8 vertel hoe die Heilige Gees, Filippus lei om met ‘n Etiopiër te gaan gesels oor Jesus. Filippus is gevul met God se Gees; toegerus met die gawes wat God aan hom gegee het; hy word gelei deur God se Woord; en daarom gaan deel Hy God se verlossing in Jesus Christus se Naam.

As kerk en gemeente van Christus is ons toegerus om God se verlossing te verkondig en Sy Koninkryk te bou. Paulus beskryf ons as deel van Christus se liggaam – elkeen met 'n funksie en doel – om God se Woord, leiding, liefde en genade te deel. Dit alles, nie uit ons vermoë nie, maar onder leiding van God se Heilige Gees.
 
As gelowiges en Kerk is ons burgers van die hemel, woonagtig in die wêreld, in dien van God. Ons is God se ambassadeurs, toegerus om te leef in ooreenstemming met God se riglyne en vergifnis.
 
Gebed:
Dankie vir U Kerk Here. Dankie vir ons gemeente as geestelike tuiste. Dankie dat ons as wêreld reisigers in U diens kan wees. Amen
 
Geseënde week.
André


 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...