Geroep om te Dien


Teks:  Hebreërs 13:14; Openbaring 21:10-27

Teks: Johannes 13:1-17

Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het..
 
God wil hê dat elke Christen Sy goeie werk in die wêreld moet doen en leef. Die Nuwe Testamentiese skrywers gebruik verskeie beelde om hierdie boodskap te illustreer. In “besigheids-terme” beskryf Paulus homself as ‘n slaaf, bestuurder of rentmeester vir Christus wat eerlik en betroubaar in alles moet wees. In “Koninkryk-terme” verwys Paulus na homself as ‘n bouer wat die fondasie van geloof in Christus se Naam moet lê; of boer wat die saad van God se Woord plant; en die soldaat wat die bose beveg deur die Waarheid van God se Koninkryk te bevorder. Die beste beeld is die van ‘n “Dissipel” – iemand wat in Sy meester se voetspore volg, gewillig om te luister, te leer en te doen.
 
As volgelinge en dissipels van Jesus Christus word ons deur God geroep  en gedring deur Sy verlossende liefde. Ons is verbind aan Hom deur ons geloof. Daarom is ons, as gelowiges kinders, IN Sy diens. Ons is Sy hand en voete wat besorgd is oor ander; Sy stem wat rigting gee aan verlorenes; Sy Liefde wat hoop bring in siekte en seer; Sy Lig wat skyn vir die wat nie kan sien nie. Daar is so baie wat ons IN diens van God kan doen. Daarom moet ons bid vir leiding, om te weet wat Hy wil hê ons moet doen.
 
Gebed:
Neem my lewe Heer, laat dit U gewys wees, meer en meer. Amen.
 
Geseënde week.
Andre


 
Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...