IN balans met genade
Teks: Efesiërs 2:8-9
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. (Afr '53)
Goeiemôre Ena,
Die lewe is ‘n reis na ons Here. Hy het ons aanmekaar geweef in ons moederskoot en ons name in Sy lewensboek opgeteken (Psalm 137). Vanaf ons eerste lewensoomblik is ons oppad na ons laaste asem en finale bestemming. Tyd is ontsaglik kosbaar. Alles en almal op ons lewensreis is geskenk deur God om ons nader aan Hom te bring. Elke oomblik is genade van God.
Genadiglik is ons ewigheidsbestemming nie die gevolg van ons dade nie, maar eerder ons dade die gevolg van Sy genade. Ons verlossing is geskenk in Liefde, deur Sy Seun sodat elkeen wat glo kan tuis wees in die Huis van die Here tot in lengte van dae (Psalm 23).
Gebed:
Neem my lewe Heer, laat dit U gewy wees, meer en meer. Amen.
Andrè
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
Wese van goeie dade | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
Wees voorbereid | Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê.
More ...
|
|
| |
|