Geloof wat dra

Teks: Hebreërs 11:33
 
Die wêreld rondom ons is gevul met uitdagings en beproewings. Vanaf tarief verhogings en astronomiese verbande tot die oorloë wat oor die wêreld afspeel. Dit is verstaanbaar dat meeste mense bekommerd is oor hul toekoms en vra: “Hoe lank gaan dit nog so aanhou?”

Deur die eeue heen is hierdie vraag telkemale gevra. Die mensdom se geskiedenis is gevul met oorloë, beproewings en uitdagings en mense het elke denkbare vorm van ontbering al beleef.
 
Tog bewys die geskiedenis dat daar altyd ‘n kerngroep gelowiges was wat hulle vertroue in God gestel het. Deur die Here se genade het hulle die struikelblokke oorkom en uitdagings deurstaan. Soos die boek Daniël leer – nie vanweë hul eie kragte nie, maar vanweë hul getroue God en hul vertroue in Hom.
 
Geloof is om seker te wees van wat ons hoop en oortuig te wees van wat ons nie sien nie. Dit is om seker te wees van God. Hoe donker en uitdagend jou omstandighede ookal lyk, plaas jou vertroue in God. Hou vas aan die sekerheid van ons opgestane Heiland wat die wêreld en sy beperkinge reeds oorwin het.
 
Geseënde week 
Andre

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...