"Faith Hall of Fame"


Teks: Hebreërs 11:13 – Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig.
  
Ons kyk op na die geloof van die geloofshelde in die Bybel. Hulle onwrikbare vertroue en deursettingsvermoë om naby aan God te bly. God se teenwoordigheid en seën was werklik deel van hulle lewe.
 
Hebreërs 11 gee vir ons ‘n lys van hierdie geloofshelde. Die gedeelte belig alhoewel ‘n ander perspektief op hierdie mense se geloof.

Abel se offer was aanvaar net om eindelik vermoor te word deur sy broer Kain. Henog is weggeneem. Noag was gehoorsaam en is deur sy gemeenskap verwerp daarvoor. Abraham het vasgehou aan God se belofte van ‘n beloofde land, maar was tot sy laaste asem ‘n vreemdeling in vreemde lande met vreemde gebruike.
 
Ten spyte daarvan dat hulle soms nie die vervulling van God se beloftes gesien het nie, was hulle steeds gehoorsaam aan God. Daarom, verduidelik Hebreërs 11:16, is God nie skaam om hulle God genoem te word nie.
 
Ek hoop om jou komende Saterdag by Loughton se Funday te sien! Alternatiewelik, Sondag by ons Erediens.
 
Seënwense,
Andre

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...