Wanneer bid ons?


Teks: Esra 8:21-36; Spreuke 3:5-6

 
Gebed is ‘n integrale deel van elke gelowige se lewe. Jesus leer Sy dissipels die waarde van gebed, selfs in Sy uur van nood. Reg deur die Nuwe Testament lees ek en jy hoe gebed gelowiges versterk het, op hulle geloofsreis, veral met die onsekerhede wat hulle in die gesig gestaar het.

By die Ahawarivier roep Esra en die volk na God om hulle te beskerm op hulle tog uit Babel, terug na Jerusalem, waar hulle die tempel moes toerus in diens van God. Hulle vra nie om hulp en beskerming van die koning nie, want hulle vertrou op God! Vir Esra is die hand van die Here 'n simbool van God se leiding, krag, beskerming en geborgenheid. Met hul aankoms getuig hulle: Ons God het Sy hand oor ons gehou en ons nie in die mag laat val van vyande en rowers nie.
 
Ons lewens is gevul met onsekerheid en uitdagings. Ons moet in geloof opnuut God se hand in ons lewens raaksien. In en deur Jesus Christus kry ons die versekering dat God Sy hand na ons uitstrek. Daarom leef ek en jy met die sekerheid dat Hy ons nader trek.

Soos Esra eers bid voor hy en die volk die moeilike pad aanpak, moet ons bid voor ons die pad aanpak. Soos Jesus bid in Sy uur van nood, moet ons ook bid wanneer die pad te moeilik raak. Wanneer ons Hom in gebed ken, in al ons weë, sal ons paaie meer gelyk daarna uitsien
 
Gebed:

Here almagtige Vader, dankie vir U hand van beskerming en krag Lei my in elke oomblik op U pad.
Amen.
 
André

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...