Ongelowiges weet Wie Jesus is


Teks:  Markus 15:33-41
 
Wanneer die Romeinse Centurio (offisier wat bevel voer oor 100 soldate) sê: “Waarlik hierdie man was die Seun van God!,” is dit geen geringe getuienis nie. Hierdie bevelvoerder was op versoek van Pilatus, op aandrang van die Joodse Raad, (wat gestaan en toekyk het), voor die gekruisigde Jesus wanneer hy Hom sy laaste asem só sien uitblaas. Wanneer hierdie soldaat (wat die keiser gesien het as die seun van die gode) sien hoe Jesus sterf, is dit genoeg om hom te oortuig en tot belydenis en geloof te bring.
 
Soos God Hom geopenbaar het aan die Wyse manne, die herders, dissipels, die vroue en die gelowige volgelinge van Jesus, so openbaar Hy Hom ook aan die heidense romein. Jesus se kruisdood en opstanding maak aan die wêreld bekend dat Jesus die Seun van God is. Nou kan ook ongelowiges, wat Jesus nie ken of wil ken nie, weet wie Jesus is soos dit aan hulle geopenbaar is.
(gedeeltelike erkenning aan Prof HG van der Westhuizen)
 
Gebed: 

Here,  
Laat ons lewens getuig en bely: Jesus is die Seun van God! My Here het waarlik opgestaan!
Amen.

 
Andre
 

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...