Die gelowige dissipels weet wie Jesus is
Teks: Matteus 16:13-17
Die dissipels het tussen twee en drie jaar saam met Jesus gereis. As dissipels het hulle in Sy spore en stof geloop om by Hom te leer. In hierdie tyd het Hy hulle geleer en onderrig. Hulle opleiding was bevestig in woord en daad met insig, wysheid en wonderwerke sonder gelyke.
In Sesarea-Filippi vra Jesus aan die dissipels die vraag rondom sy identiteit. Petrus antwoord (heelmoontlik namens die dissipels): “U is die Christus, die Seun van die lewende God”.
Hierdie belydenis vorm die kern van alle ware Christelike geloofsbelydenisse.
Dit is op hierdie belydenis dat Christus Sy kerk, waarvan ons deel is, bou.
Dit is in hierdie belydenis wat ons met verwondering oppad is na die gebeure op Golgota.
Geseënde week en mag hierdie belydenis ook daagliks in en deur jou leef.
Andrè
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
Wese van goeie dade | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
Wees voorbereid | Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê.
More ...
|
|
| |
|