Die Hemele weet wie Jesus is


Teks: Hebreërs 1
 
 
Die Bybel leer ons dat Jesus die Seun is en dat God die Vader is. Maar wanneer dit gaan om Jesus se wesensidentifikasie beskryf die Woord Hom as die Seun van God. Dit sien ons in die wydste spektrum van getuies. God kondig Jesus aan as Sy geliefde Seun. Mense getuig dat Jesus die Messias is, die Seun van God. Selfs die engele en bose erken Hom as die Seun van God.
 
Met Jesus se doop daal God die Gees op Hom neer as ‘n duif, en kondig God die Vader Jesus aan as Sy geliefde Seun wat Hom verheug. In Hebreërs 1 lees ons hoe groot, heerlik en hoog Jesus Christus is – selfs bo die Engele wat geskape is om die Seun van God te dien. So verskyn die Engel Gabriël aan Elisabet en Maria; en die Engele koor aan die herders om te getuig van Sy wese en aard.
 
God die Vader gee erkenning dat Jesus die Seun van God is. Die Engele en hemele weet en getuig (Psalm 119) dat Hy die Seun van God is. Hy het, nie met goud en silwer nie, maar met Sy kosbare bloed ons losprys betaal en ons kom verlos van die sonde. Hoe kan ons dan, as gelowiges, twyfel in Sy wese en mag?
 
Gebed:  Here, ek kyk vandag op. Ek aanvaar U hoop vir my. Ek hou vas aan U hulp. U is my Redder en enigste Troos. Amen.

Andre

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...