Vroue weet wie Jesus is


Teks: Johannes 11:17-27
 
Ons weet dat die Bybel geskryf is in ‘n patriargale tydperk. Dit het tot gevolg dat vroue nie baie aansien of publieke eer ontvang het nie. Daarom moes hulle getrou die tradisies volg om nie hul gesinne in die skande te stel nie, dit het ingesluit getroue en ware getuienis.
 
In ons teks (en verskeie ander dele in die Evangelie) klink vroue se getuienis duidelik en helder. Wanneer Jesus vier dae na die dood van Lasarus na Betanië gaan, het Maria in die huis bly sit en treur terwyl Marta Hom tegemoet gegaan het. Binne hul lyding en hartseer, was Maria se droefheid groter as haar geloof, terwyl Marta se geloof groter was as haar droefheid.  Marta sê: “Here as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie”; en wanneer Jesus te kenne gee dat Hy Lasarus gaan opwek, sê sy: “Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van God”.
 
In die Bybel is dit duidelik dat vroue ‘n kardinale rol in God se Koninkryk speel. Marta en menigte ander vroue se geloof is opgeteken om elke vrou vandag te herinner: God ken jou, God kies jou, God gebruik jou.


Gebed:

Hemelse Vader, Dankie vir elke dogter, vrou, moeder en ouma. Ons vier U liefde, trou en voorsiening. Ons bid dat U vroue oral op aarde sal seën, soos hul saam U stap. Bring U genade, liefde en wysheid in elke vrou se lewe deur U Woord en Gees. Amen.
 

Geseënde Moedersdag! 
Andre

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...