Die bose weet wie Jesus is


Teks: Matteus 4 en Markus 5

 
Wanneer die duiwel sê: “As U die Seun van God is, ” is dit telkens ‘n versoeking aan Jesus om hom te aanbid en van God weg te draai. Wanneer die demoon vanuit die besetene sê: “Los my uit, Jesus, Seun van die allerhoogste God!” is dit bestem dat ‘n gebroke en verwerpte man by Jesus uitkom. In beide gevalle is dit ‘n bevestiging van Jesus se aard en is dit duidelik dat die onsigbare, of metafisiese wêreld, Jesus se wese ken en Hom erken as die Seun van God.
 
Wanneer ons die woord “as” gebruik koppel ons meestal twyfel of voorwaarde daaraan. Aan die wese en aard van Jesus is daar geen twyfel oor nie, want die heelal erken Hom. Jesus het Hom ook aan ons kom openbaar as die Seun van God. Daarom kan ons glo en bid met sekerheid en vastheid in ons Almagtige Here en God.
 
                      (gedeeltelike erkenning aan Prof. HG van der Westhuizen)
 
Gebed: 

Here Jesus, laat elke tong getuig en elke hart bely dat U die Here is.
Laat elke hart dan juig – Here Jesus kom.

Amen.
 
Andre

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...