IN Liefde

 
Op verskeie plekke in die Bybel lees ons van God se emosionele betrokkenheid by sy kinders. God sien (Genesis 1); hoor (Eksodus 3); voel jaloers (Eksodus 20, Joel 2) en jammer (Genesis 6, Joël 2); is verlig en verheug (Sefanja 3); barmhartig en genadig (Jakobus 5).
In 1 Johannes 4 lees ons dat God die bron van liefde is. Dit is hierdie liefde waarin ons sien en verstaan dat God relasioneel is.
 
God se relasionele aard is belangrik vir jou en my as gelowiges. In voorbidding en gebed is ons hoop op God se genade. In ons seer, swaar en lyding is ons afhanklik van God se verstaan en verlossing. In ons gelowige lewensreis is ons leiding die voetspore van
Sy Seun en die stem van Sy Gees.
 
God se verbintenis aan jou het betekenis vir elke verhouding in jou lewe. Wanneer ons na ander kyk deur ons verhouding met God, sien ons hulle in ‘n nuwe Lig. Mag jy in elke verhouding God se Lig wees.
 
Sien jou Sondag, IN verhouding, by Sy kerk
 
André
andre@sagemeente.com

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...