Heiliges en sondaars
Teks: Romeine 5:6-11
“Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe.”
Oscar Wilde het blykbaar geskryf dat daar ‘n klein verskil tussen sondaars en heiliges is:
Elke heilige het ‘n verlede, terwyl elke sondaar ‘n toekoms het.
Die term heiliges verwys na mense wat klaar geleef het en onthou en vereer word, deur mense vir die gelowige voorbeeld wat hulle gestel het. Hulle was nie beter mense as ons nie, maar hulle het vasgehou in geloof tydens die ops en afs op die wipplank van die lewe. Hulle het hulle toekoms en nuwe lewe in geloof in Jesus Christus ontvang. Gevolglik het hulle die pad in vertoue aangepak in God se genade
Elke mens het ‘n toekoms. Jesus het gesterf vir magtelose sondaars en goddeloses. Hy het nie na ons heiligheid gekyk as voorwaarde vir Sy verlossing nie – Hy gee dit ten spyte van ons sonde en onheiligheid.
Ons het dieselfde nuwe begin ontvang. My en jou toekoms is seker deur die genade van God. Deel jou voorbeeld en lewe hierdie waarheid?
(gedeeltelike erkenning aan Dr A Nel)
Gebed:
Here, help my om nou as verloste te leef met sekerheid oor die toekoms.
André
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
Wese van goeie dade | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
Wees voorbereid | Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê.
More ...
|
|
| |
|