God hanteer ons nie soos 'n warm patat nie.


Teks: Genesis 28:10-22

“Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan. Ek sal jou na hierdie land toe terugbring. Ek sal jou nie in die steek laat nie. Ek sal doen wat Ek jou beloof het.”
 
Goeiemiddag Ena,
 
Ons almal ervaar een of ander tyd op ons lewensreis teleurstellings. Dit wissel deurgaans van skynbaar klein nietighede tot sake wat ons diep tref en laat terugdeins. Byna geen teleurstelling is groter as wanneer liefde ons in die steek laat nie. Wanneer dit gebeur, verwys ons daarna dat iemand ons “gedrop” het soos ‘n warm patat.
 
God se liefde vir ons is anders. Hy “drop” ons nooit nie. Sy liefde is onverganklik (volgens Sy eie Woord) – dit kan nie ophou nie.

In ons gedeelte staar Jakob ‘n onseker toekoms in die gesig. Daarom is hy verras oor die Here se belofte en bevestiging dat Hy hom nie in die steek sou laat nie, al het hy (wat Jakob was) nie God se goedheid verdien nie. Die Here bly getrou en maak die deur na die toekoms vir Jakob oop.

Die God van Jakob is ook die Here van jou lewe. God se vaste belofte is ook vir ons bedoel. Sy liefde het gekies om vir jou en my aan die kruis te wees. Daarom kan jy weet – Hy raak nie moeg om jou lief te hê nie – Hy sal jou nooit soos ‘n warm patat hanteer nie.

                                                                      (gedeeltelike erkenning aan Dr A Nel)
                   
Geseënde week en sien jou by die erediens.
Andre


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...