Gebed + dankbaarheid = Wysheid 


Teks: Kolossense 4:2-6
 
Goeiemiddag Ena,
 
Die Evangelie se berekenings werk baie keer “anders” as wat die wêreld ons leer. Hoe kan vyf brode en twee vissies vyf duisend mense voed?  Hoe kan die grootste wet wees om “lief te hê”?  Hoe kan mens die lewe wen, deur jou lewe prys te gee? 
 
Paulus sluit hierby aan in Kolossense 4 -
 
2 Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar 
3 en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons 'n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit. 
4 Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is.
5 Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid. 
6 Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.

 
As Liggaam en Gemeente van Christus bestaan ons nie vir onsself nie. God se Woord en verlossing is vir elkeen bedoel wat nog verlore is. Ons lewens – woord en daad – moet getuig van die wysheid van God. Die krag om dit te bereik, is nie in onsself te vinde nie, maar in mekaar se gebede en ondersteuning tot voordeel van ander en tot eer van God.
 
Gebed: Here, vul ons harte en lewens met opregte dankbaarheid. Help ons om te volhard in gebed, te getuig van U verlossing, en te leef met U wysheid.  Amen.
 

Geseënde week.
Andrè




Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...